Hoofgereg, Rooivleis, Skaapvleis

Skaapstertjies – blinkbruin

0 comments

Ek weet skaapstertjies skop jy nie sommer agter elke bos uit nie, maar deesdae kry ek dit redelik maklik by Checkers hier op ons dorp.  Anders vra jou slagter om dit vir jou bymekaar te maak.  Dis n heerlikheid wat kan werk as n hoofgereg of sommer as iets om aan te peusel voor die grootkos kom.   Deesdae is hierdie afskeepkos n gesogte lekkerny. skaapstertjies 033 Ek het myne in die oond gaargemaak, maar dit kan ook op die rooster gebraai word.

 

BENODIG:

  • 30 skaapstertjies
  • 3  heel naeltjies
  • sout, peper en koljander na smaak
  • 250 ml tamatiesous
  • 100 ml chutney
  • 100 ml worcestersous
  • 250 ml witwyn
  • 1 ui in ringetjies

NOU:

Sny die ui in ringetjies in n oondvastebak.  Pak die skaapstertjies daarop en geur met sout, peper en koljander.  Gooi jou 3 heel naeltjies in.skaapstertjies 001

Meng die res van die bestandele.skaapstertjies 003

Gooi oor die vleis.skaapstertjies 007

Braai toe by 180 grade celsius vir 45 min.  Maak dan oop en braai vir nog 90 minute oop.   Draai die stertjies tyd tot tyd om.skaapstertjies 011

 

Hierdie groot bederf  is vinger-aflek-lekker.  skaapstertjies 022

Comments are closed.