Frikadelle op sy tyd maak menigtes vol. Vanaand was ek lus vir tamatie frikadelle op mash. Ek weet dit is kapokaartappels maar dit klink net nie so vullend soos mash nie.
BENODIG:
- 700g maalvleis
- 5 ml fyn koljander
- 2,5 ml fyn neut
- 1 eier
- 2 snye brood
- 80 ml melk
- 1 ui
- 6 knoffeltoontjies
- 1 takkie roosmaryn
- 1 blik tamaties
- 1 pakkie tamatie paste
- 80 ml chutney
- 60 ml worcestersous
- 25 ml suiker
- sout en peper na smaak
NOU:
- week die brood in melk in n bord
- sit die maalvleis in n bak en maak los met n vurk
- gooi die neut, koljander, sout en peper oor die maalvleis
- druk die melk uit die brood en krummel die brood oor die maalvleis
- klits die eier in n beker en gooi ook by die maalvleis
- nou moet jy jou hande gebruik en alles deeglik meng
- maak frikadelle so groot soos jy verkies en hou eenkant
- sny jou ui in n oondbak en gooi ook die knoffeltoontjies en roosmaryn in die oondbak
- pak die frikadelle op die uie in die oondbak
- meng die sous vir die frikadelle in n bakkie: blikkie tamatie, tamatie paste, worcestersous, chutney, suiker, sout enpeper
- gooi die sous oor die frikadelle
- bak dit binne die oond by 180 grade celsuis toe met tinfoelie vir 30 minute
- haal die tinfoelie af en bak dit nou oop vir nog 30 minute
Geniet die vleisballetjies op romerige mash en vra vir meer as jy so voel.
Dit lyk heerlik ek hou van beproefde resepte!
Baie lekker en geniet al jou resepte Marinda, juis ek wat nie eintlik ‘n kok is nie.
Kleina, ek is bly. Probeer maar die huiskos van elke dag aflaai. Mooi week vir jou. Marinda
Heerlike kos en gou pm te maak en smaaklik doen so voort
Lekker eet. Ook my gunsteling.
Hello Marina
Dit is so n plesier om vir jou op via kyk.
Ek is nie juis n kok nie, maar dit lyk regtig
“Maklik met Marinda” so ek gaan probeer so lekker kook soos jui.
Jy kan so kook!!!! Ek kook maklike kos.
Liefde
Marinda
Alles war ek tot dusver gedien het lyk vir my baie lekker.
Ria, ek hoop jy geniet die resepte. Dit is kos wat uit my hart kom.
Groete
Marinda
More Marinda, kan ek ook jou daaglikse lekker resepte ontvang asb. Ek los my e pos adres. BAIE DANKIE. Mooi veilige naweek
More Una
Ek het nie daaglikse resepte nie. Ek sit sommer op soos ek dink iemand sal belangstel. Ek het ‘n kookboek, Marinda se Koskas, wat lekker resepte vir elke dag in het.
Mooi week
Marinda
My liefste Marinda
30 jaar gelede in 1991 verneem ek van die skoolhoof, Thys Franken, by Laerskool Durbanville: jou kollega hierdie jaar is ‘n “ou hand”, gekwalifiseerde juffrou en mamma wat kom uithelp, maar jy gaan baie van haar hou…..
Nooit die vrou ontmoet of gesien nie, maar so begin die eerste skooldag van Januarie 1991 met die Graad 2s. So 09h30 kom ‘n kindje van langsgaan in my klas ingestap met ‘n briefte: nee man, wat skree jy so? Ek bars kliphard uit van die lag, wie kan nou so cheeky wees?? Stap uit die klas, daar staan die liewe Marinda met haar warm, gul glimlag (ek sweer jy het vere of ‘n voelnes of rose in jou kop gehad met een of ander wapperende kunstenaarsgewaad en ek weet net verseker: ek gaan absoluut gaande oor die vrou wees. Inderdaad was dit so…..vier jaar later deur skoolhou, Eisteddfod, klein PG in my klas, pligsgetroue en voorbeeldige Sarietha en baie wyn en lag en troos, trek ek op 8 Desember 1995 aan in jou huis vir my troudag. Jy het sekerlik in jou wysheid geweet hierdie is die die regte keuse vir my nie, maar nietemin alles gedoen om die dag spesiaal vir my te maak. Jy was reg, dit het toe nie gehou nie!
Vandag is ek baie gelukkig getroud met die grootste liefde van my lewe op n pragtige wynlandgoed in Franschoek met ‘n ou beertje wat baie baie lief is vir lekker kos en eet. Dankie vir jou lewensreddende resepte en heerlike kos, so bly jy deur al die dekades steeds deel van my lewe. Kom kook gerus met jou span hier op La Bourgogne estate in die Boekenhoutskloof, net buite Franschoek.
Hope liefde
Karen Leurs
Meisie
Wat ‘n lekker boodskap!!!!!Dit vra vir langbeen sit en opvang. Ek is oppad Nelspruit toe vir Inniebos Fees. So bly jy is gelukkig!!!
Hier is my nommer: inbox my dan stuur ek vir jou
mwha
marinda, hoekom is die resep nie in jou kookboek nie?? en die souttert? spesifiek boek gekoop vir dit omdat online uitdruk te veel is.
Hi John, ek kon net 82 resepte insit. Ongelukkig is dit nie moontlik om al my resepte in een boek te sit nie. Gelukkig is dit gratis beskikbaar hier op die blad.