Bredies is winterkos, maar nie in ons huis nie. Ons eet bredies dwarsdeur die jaar. Ons wissel die vleis af tussen skaap en bees. Bredies is gesinskos en ons het altyd gepraat van “lepelkos” omdat jy dit letterlik met n lepel kan eet.
BENODIG:
- 1,5 kg stowevleis lam of bees ( ek het brisket gebruik)
- 40 ml olie
- 2 uie
- 1 blikkie tamatiemengsel
- 10 ml jeera (opsioneel)
- 5 naeltjies
- 250 ml witwyn
- 300 ml warm water
- 100 ml worcestersous
- 60 ml asyn
- sout en peper na smaak
- 3 aartappels in blokkies gesny
- 1 kg groenbone
- bietjie neut
NOU:
- sny die uie in ringe en braai in die olie tot glaserig
- braai die jeera saam met die uie
- sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die uie
- gooi nou die wyn, water, tamatiemengsel, asyn, worcestersous en naeltjies by
- laat dit kook vir om en by 60 minute – as jou sous min raak, voeg nog water by.
- gooi nou die aartappels wat in kwarte gesny is by en kook vir nog 20 minute
- laaste kom die gesnipperde boontjies, sout en peper by.
- kook nou totdat alles sag is, maar nie pap is nie
- bedien op rys en fees aan die maaltyd
Dit is n wonderlike dis. Lyk baie lekker!!
Danie, dit bly vir my eerlike kos. Marinda
Marina dis my ou Favourite en ek het dit skoon vergeet, dankie
dat jy my weer herinner het, ek moet se ek het nog nooit Bees of selfs Brisket gebruik nie, Sondag, sal ons groenbootjie bredie eet!!
Tannioe, ek sal daarop cheers!
Marinda
Goeie dag. Ek hou van jou resep. Ek moet groenbone bredie maak met skaap vir 50 mense. Hoe kan ek jou resep aanpas
Die resp sal 8 mense met gemak kan kos gee. So vermenigvuldig na gelang van jou aantal mense.
Hi Marinda, wil net hoor watter tipe wit wyn gebruik moet word? (Droog, soet?)
Droog. Geniet.