Hoofgereg

Kerriefrikkadelle

Comments are Disabled

 

Bestanddele

  • 60 ml olie
  • 1 ui gekap
  • 10 ml grofgestampde komynsaadjies (jeera)
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 10 ml gerasperde, vars gemmerwortel
  • 30 ml kerriepoeier van jou keuse
  • 10 ml borrie
  • 5 ml gedroogde rissievlokkies
  • 60 ml asyn
  • 30 ml suiker
  • 1 blikkie tamatie- en uiemengsel
  • sout en peper na smaak
  • bietjie water, indien nodig
  • 600 g goeie kwaliteit boerewors, vel verwyder
  • handvol grofgekapte koljanderblare of kruie van jou keuse

Metode

Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die ui en komynsaadjies tot die ui glaserig is.

Roer die knoffel, gemmer, kerriepoeier, borrie en risievlokkies by en roebraai tot geurig, omtrent ‘n minuut lank.

Roer die suiker en asyn deur en gooi dan die tamatie-en uiemengsel by.

Geur na smaak, roer deeglik en laat stadig prut vir 5 minute. As die sous te dik raak, gooi bietjie water by.

Rol medium-grootte frikkadelle van die worsvleis en sit hulle in ‘n enkellaag in ‘n oondpan – moenie ‘n te-groot pan gebruik nie; die frikkadelle moet lekker knus inpas.

Gooi die kerriesous bo-oor en bak teen 180°C vir 20 minute of tot die vleis gaar genoeg na jou smaak is.

Haal uit die oond, sprinkel kruie oor en bedien.

Lewer 4 porsies met rys of kapokaartappels.

Maklik!

Tjoen: Dié sousie is ook heerlik saam met pap en braaivleis.

Comments are closed.