Amanda het so baie van die lamsribbetjie gehou dat sy met ’n barakat huistoe gevlieg het. Ek dink die persoon wat langs haar op die vliegtuig gesit het, moes wonder oor die lekker reuk wat uit haar handsak gekom het.
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.