Bykosse

Vinnige Ciabatta

0 comments

Kevin Leo Ciabatta

Bestandele

  • 500 g meel
  • 500 ml water
  • 10 g kitsgis
  • 8 g sout
  • bietjie ekstra meel vir bakplaat

Metode

Plaas al die bestanddele (behalwe die ekstra meel) in jou voedselverwerker en meng met die deegklitser (K-Beater) vir 12 minute.

Spuit intussen ‘n bakplaat met kleefwerende sproei en sprinkel bietjie ekstra meel liggies oor die bakplaat.

Wanneer die beslag goed verwerk is, plaas die beslag op die bakplaat en vorm ‘n brood met jou vingerpunte.

Bak teen 200 ºC vir 40 – 45 minute.

Lewer een mediumgrootte brood.

Maklik!

Vinnige Ciabatta

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*