Bestandele
- 300 ml olie
- 1 kg rooi brandrissies, fyngekap
- 250 g knoffel, fyngekap
- 750 ml asyn
- 1 x 80 g boksie steak & chop seasoning
- 3 x 420 g blikkies tamatiepuree
- 2 x 70 g houers tamatiepasta
Metode
Gooi ‘n bietjie olie in ‘n groot pot en braai die rissies en knoffel saam. Voeg nou die asyn, die res van die olie en die steak & chop seasoning by en kook vir nog 5 minute. Voeg dan die tamatiepuree en tamatiepasta by en kook vir 20 minute tot dit n diep donker rooi kleur kry.
Verwyder van die hitte, en wanneer dit afgekoel het, plaas die sous in bottels in jou yskas. Die sous kan tot 3 maande lank hou.
NS. Sout is nie nodig nie, aangesien die steak en chops-speserye reeds sout is.
Maklik!
Kan ek die chilli sous op lae hitte kook.
Jy kan. Geniet dit.
Kan mens die sous warm in gesteriliseerde houers bottel vir n langer rak lewe?
Hannes ek dink so. Het dit nog nie self gedoen nie.