By ons was Vrydae altyd visdae. Ek het stokvis (hake) vir die gereg gebruik maar jy kan enige ferm witvis gebruik. En ja, ek het n soppoeier gebruik. ( die kossnobs gril mos vir soppoeier). Die geheim van die gereg is om die vis nie te gaar te maak nie. […]
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.



