As ‘n man vir my vra vir ‘n garage pie en chips met gravy, dan weet ek hy het nie tyd en plek in sy lewe vir opgesmuk wees nie. Wicus van der Merwe is een van die opregste, galantste en eerbaarste mans wat ek in ‘n lang tyd ontmoet het. Sy opregtheid het sommer vroeg, vroeg in die keuse van sy gereg na vore gekom.
Hy kom uit n familie met ‘n fyn sin vir humor. Dit het beslis op hom as kind ‘n inpak gemaak met ‘n pa soos Tolla van der Merwe. Ons het saam gekoes en gekook in die kombuis. Hy het wel vir my ‘n ligte hartaanval gegee toe hy my tannie noem, hy sê hy’s so grootgemaak dat as iemand ouer as hy is, noem jy haar tannie – dit het nie te goed by my afgegaan nie!
Die kook saam met Wicus was een van die lekkerste dae in my kombuis. Ek salueer die talentvolle gentleman.
Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147 vir hierdie spesiale episode.