Ek het vir 3 dae probeer om die beste sjokoladekoek te ontwikkel wat daar bestaan. Dit moes iets tussen ‘n koek, ‘n mousse en ‘n brownie wees. Hier is dit.
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.



