Rooivleis

Groente, Rooivleis

Groenboonbredie – net reg vir die koue

8 comments

Bredies is winterkos, maar nie in ons huis nie.  Ons eet bredies dwarsdeur die jaar. Ons wissel die vleis af tussen skaap en bees.  Bredies is gesinskos en ons het altyd gepraat van “lepelkos” omdat jy dit letterlik met n lepel kan eet. BENODIG: 1,5 kg stowevleis lam of bees […]

Hoofgereg, Rooivleis

Kerrie-afval – lymerig lekker

11 comments

Kyk met afval moet jy nie haastig wees nie.  Ek het nie die lus of die begeerte om afval skoon te maak nie.  Ons Fruit en Veg het hierdie pragtige skoon afval verkoop.  Ek het die vorige aand begin met die kook in die stoompot en net vandag dit klaar […]

Hoofgereg, Rooivleis

Kool-en-kaas-herderspastei

7 comments

Ons almal wil mos altyd bietjie gewig verloor.  My suster het verlede week hierdie weergawe van herderspastei gemaak en ek besluit toe ook om die gesonder opsie te probeer.  Jy vervang die aartappel bo-laag met kool.  Dis verruklik lekker. BENODIG: 1 ui en bietjie olie om dit in te braai […]

Hoofgereg, Rooivleis, Skaapvleis

Lamsribbetjie – oor die kole

0 comments

Die ribbetjie moet stadig en tydsaam gaar gemaak word oor rustige kole.  Daar moet meer as een glas wyn gedrink word.  As jy die ribbetjie aflaai moet dit geskroei wees  – amper of dit gebrand het.  Daar tussen-in sit die diep lekkerte. BENODIG: 2 stukkies lams of skaaprib 2 takkies […]

Hoofgereg, Rooivleis

Lasagne – ou staatmaker

36 comments

Hier oor die dae van krismis verwag mens mos maar die onverwagte gas met oop arms en n glas wyn.  Met die dat ek besluit om n lasagne te maak en te vries.  Dan is dit net vir uithaal en warm maak met n slaai en n vars broodjie daarby.  […]

Hoofgereg, Rooivleis

Frikkadelle – rooies

15 comments

Frikadelle op sy tyd maak menigtes vol.  Vanaand was ek lus vir tamatie frikadelle op mash.  Ek weet dit is kapokaartappels maar dit klink net nie so vullend soos mash nie. BENODIG: 700g maalvleis 5 ml fyn koljander 2,5 ml fyn neut 1 eier 2 snye brood 80 ml melk […]

Hoofgereg, Rooivleis

Soutvleis – vir krismis

12 comments

Om soutvleis in jou yskas te he, is om kos in jou huis te he.Dis lekkerder as enige gekoopte kouevleis en daar is n gevoel van tevredenheid in jou binneste. Soutvleis met mostert en slaai op n toebroodjie vra net vir n glasie koud by.   BENODIG: soutvleis / corned […]