Kyk Sandra het styl. Toe sy vir my vra om ’n doodgewone diepgebraaide vis te maak, toe weet ek dat ek sal moet uithaal en wys. Dit is moeilik om regtig crispy vis te kry. Ek het die geheim ontdek! Lees mooi!
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.