Hoofgereg

Hoender, Hoofgereg

Lemoen-eend – tog so fênsie

6 comments

Toe ons klein was het ons nie kos geken soos orange duck nie.  Dit was vir ons volksvreemd.  Eers toe ek van die plaas af die stad kom ontdek , het ek besef mens kan eend eet ook – dis nie net vir swem in die plaasdam nie. Ek het […]

Hoofgereg, Rooivleis

Frikkadelle – rooies

15 comments

Frikadelle op sy tyd maak menigtes vol.  Vanaand was ek lus vir tamatie frikadelle op mash.  Ek weet dit is kapokaartappels maar dit klink net nie so vullend soos mash nie. BENODIG: 700g maalvleis 5 ml fyn koljander 2,5 ml fyn neut 1 eier 2 snye brood 80 ml melk […]

Hoofgereg, Rooivleis

Soutvleis – vir krismis

12 comments

Om soutvleis in jou yskas te he, is om kos in jou huis te he.Dis lekkerder as enige gekoopte kouevleis en daar is n gevoel van tevredenheid in jou binneste. Soutvleis met mostert en slaai op n toebroodjie vra net vir n glasie koud by.   BENODIG: soutvleis / corned […]

Seekos

Snoek Gerook

1 comment

Om kos te rook dink mense jy het spesiale toerusting nodig.  Dit is nie so nie, jy kan dit op jou stoof in die kombuis doen. Dis vinnig en nie n gemors om skoon te maak nie. Ek het snoek gerook, maar jy kan enige vis of vleis rook.  Ek het […]

Hoofgereg, Rooivleis

Ma se groenboonbredie en koring

8 comments

Groenboonbredie is liefkos.  Dis om iets van jouself aan jou gaste en gesin te gee.  Dis edel kos wat mens diep behaag.  Ek het dit vir ons Saterdagaand gemaak met koring en pampoen. BESTANDELE; 1,5 kg skaapvleis of beesvleis ( sorg dat daar n been aan is – ekstra geur) […]