Sekere soort kos is trooskos. Kos wat jou omvou en laat beter voel. Koolbredie is so n soort kos. Ons eet koolbredie dwarsdeur die jaar en gewoonlik kook ek net rys daarby.
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.



