Latest Recipes

Nagereg

Sagopoeding – Padda-ogies

5 comments

Die koue in die Kaap sit in my bene. Dis Sondag  en my soettandjie dryg my.  Dus val my besluit vandag op Padda-ogies soos ek kan onthou dat my ma dit gemaak het.   250 ml sago 1l melk 4 eiers geskei en nog 2 eierwitte ( maak die geel […]

Gebak, Terte

Lemon meringue – soet en lekker

20 comments

Ek sal my nou nie uitgee as n bakster nie.  Hou meer van kos maak.  More aand is dit Bybelstudie vir my man se groepie by ons huis, so ek moet iets soets maak.  Die tert is so maklik dat selfs jy dit kan maak. I pakkie tennisbeskuitjies 125 ml […]

Groente, Sop, Voorgereg

Butternutsop – met skop

12 comments

Kyk, ek is nie mal oor butternutsop nie.  Veral nie as dit so n lemoen-smakie by het nie.  Jy kry dit gewoonlik by groot onthale, want dis koste-effektief. By ons Fruit&Veg was butternuts vandag op special.  So toe besluit ek om sop te maak.  Hier is my sop met ‘n skop. […]

Bykosse, Groente

Groenbone – met botter

6 comments

Groenbone is maklik vir my n maaltyd op sy eie.  Dit gee kleur en vreugde aan enige bord kos.  Ek maak altyd te veel sodat daar n skeppie kan oorbly vir more se honger.  500 g groenbone 60 ml olie 2 uie 2 knoffeltoontjies 250 ml spek ( bacon) 2 […]

Gebak

Skons – net 3 bestandele

39 comments

Ek hou van skons, maar dit moet nie na bakpoeier proe nie. Dit los mos so n skurwe smaak in jou mond. Vir my moet  skons  hoog wees en nie kluitjierig binne- in lyk nie.  Ek het hierdie resep raakgelees op my vriend Pierre Rossouw se facebookblad.  Ek was ongelowig […]

Hoender, Hoofgereg

Bloukaashoender – oeg so lekker

15 comments

Kyk, my kinders is nie lief vir bloukaas nie, maar bloukaas hoender maak ek op aanvraag.  Hulle hang hul behoorlik op aan die hoender. Dan as ek gaste spesiaal wil laat voel ,maak ek dit ook.  Daars mos iets grands aan bloukaas – seker omdat ek dit nie as n kind […]

Groente

Groente – gesondheid uit die grond uit.

2 comments

Dit is nie ‘n resep wat ek vandag deel met julle nie.  Dis sommer net ‘n vinnige bykos wat min moeite is.  Die grootste werk is om die groente te skil.  Dit lyk altyd mooi op die tafel. BENODIG: groente wat beskikbaar is – ek het botterskorsies, uie, aartappels en […]

Sop, Voorgereg

Ertjiesop – heel jaar deur

35 comments

Kyk ons vra nie vir koue weer om sop te eet nie.  Ons eet dit heel jaar deur.  Vir ons is sop nie ‘n voorgereg nie – dis kos by ons.  Ek maak hom dik en kragtig met vleis in. Dan fees ons aan die soppie met ‘n lekker glasie […]

Seekos

Smoorsnoek

3 comments

Smoorsnoek is so Kaaps soos jy kan wens om te kry.  Ons het groot geword met die gesegde dat jy nie snoek koop in die maande wat ‘n “r” in het nie.  So hier van Mei tot Augustus koop jy snoek.  Die rede is  dat die snoek pap is in […]