So kry ek n klomp uitjies by ons plaaslike winkel en besluit om hul te piekel. Al ding met die uie is dat jy geduldig moet wees. Jy moet die werk doen en dan vergeet van hulle vir ten minste 3 na 4 weke. Dan mag jy die heerlikheid eet. […]
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.



